Fabian Society

Die Fabian Society se embleem

Die Fabian Society is 'n Britse intellektuele sosialistiese beweging wat maatskaplike en sosiale verandering op die basis van sosialistiese beginsels deur geleidelike hervorming binne 'n parlementêre stelsel eerder as deur 'n rewolusie wil bevorder.[1][2] Die beweging staan veral bekend vir die vroeë baanbrekende werk wat dit sedert die laat 19de eeu tot in die tyd van die Eerste Wêreldoorlog gelewer het. So het die Fabian Society die eerste grondleggende politieke werk gedoen waarop die Britse Labour Party (Arbeidersparty) later kon voortbou. Vervolgens het die beweging ook groot invloed op die beleid van nuwe state uitgeoefen wat met die dekolonisasie van die Britse Ryk ontstaan het, waaronder veral Indië.

Die Fabiërs se gedagtes het ook op die Europese vasteland posgevat - so het verteenwoordigers van die beweging in Oostenryk die Sozialpolitische Partei in die lewe geroep wat omstreeks 1900 groot invloed op die politieke lewe uitgeoefen het.

Vandag vorm die beweging 'n intellektuele voorhoede en dinktenk vir die New Labour-beweging. Dit is een van vyftien sosialistiese organisasies wat by die Britse Arbeidersparty geaffilieer is. Soortgelyke bewegings bestaan in Australië (die Australiese Fabian Society), Kanada (die Douglas-Coldwell-stigting en vroeër die League for Social Reconstruction) en Nieu-Seeland.[3]

  1. George Thomson (1 Maart 1976). "The Tindemans Report and the European Future" (PDF).
  2. Margaret Cole (1961). The Story of Fabian Socialism. Stanford University Press. ISBN 978-0804700917.
  3. NZ Fabian Society

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search